auditorium.jpg (3889 bytes)ksb_rsa_logo.jpg (8454 bytes)


Audio Sermons

Audio music
Text Sermons
Visitor Info
Outreaches
Choir
Confession
Articles
Links
Education
Ministers
Map
Photos
History
Cassette
Europe
Self-help
Internet
Faqs
HOME

                                    


UITNODIGING NA PREDIKANTE-KONFERENSIE

"Lê jou daarop toe om jou tot beskikking van God te stel as 'n arbeider wat die goedkeuring van God wegdra, 'n arbeider wat hom vir sy werk nie hoef te skaam nie, wat die woord van die waarheid suiwer verkondig" (2 Tim 2:15).

Tema: "Deur die Here goedgekeur"

Liewe Vriende in die Here

Nou, meer as ooit tevore, het die Kerk arbeiders nodig wat die waarheid van God se Woord sonder enige kompromie in hulle prediking en lewenstyl bevorder. U word uitgenooi om die tiende Predikantekonferensie te KwaSizabantu by te woon, om meer te hoor oor hoe ons dit 'n realiteit kan maak in ons lewens as predikers van die Woord.

'n Bietjie agtergrond oor die Predikantekonferensies: Hierdie konferensies word jaarliks vir predikers van die Evangelie gehou en word gewoonlik deur ongeveer 'n duisend predikers en Christelike werkers uit 'n verskeidenheid van kerklike agtergronde bygewoon, nie net van Suid-Afrika nie maar ook van baie oorsese lande.

Die volgende Konferensie word beplan vir 8 - 11 Maart 1999, D.V., met die eerste diens Maandagaand 8 Maart om 7:30 nm. en die afsluitingdiens Donderdagoggend 11 Maart. Dit word spesiaal so beplan sodat u, indien nodig, oor die naweek by u gemeente kan wees.

Die tema van die Konferensie is "DEUR DIE HERE GOEDGEKEUR", met as temavers 2 Tim 2:15.

Ons wil u hartlik uitnooi om die Konferensie by te woon, saam met enige van u kollegas (predikers, evangeliste, kerkraadslede of enige iemand in leiersposisies in die kerk).

'n Paar van die onderwerpe wat bespreek sal word:

- Deur die Here goedgekeur
- Die subtiele ondermyning van die Kerk
- Die terugkeer na die heidendom
- Dwelmmiddels
- Vigs
- Die Christendom en die wetenskap
- Die Jaar 2000-probleem

Sommige van die sprekers wat die Konferensie sal toespreek, D.V.:

Eerw Mike Evans: Voormalige Nasionale Direkteur van Operasie Mobilisasie in Frankryk; Tans Direkteur van die Bybelinstituut in GenŠve.

Dr Werner Gitt: Bekende internasionale spreker en skrywer, uit Duitsland.

Eerw Barney Mabaso: Prediker van KwaSizabantu Sending.

Prof Pieter Potgieter: Voorsitter van die Algemene Sinodale Kommissie van die NG Kerk.

Eerw A. Xaba: Prinsipaal van die `Union Bible Institute'.

Die ouditorium te KwaSizabantu het meer as genoeg plek vir u en almal anders vir wie u wil uitnooi. U deelname is belangrik en ons sal graag van u wil hoor.

Stuur asseblief die RSVP-kaartjie (posgeld betaal) met die name van diegene wat teenwoordig sal wees. Spesifiseer asseblief egpare, mans en vrouens. Verblyf en etes sal voorsien word, maar ons sal dit waardeer as u u eie beddegoed kan saambring. Ons sal u behulpsaam wees met vervoer vanaf en weer terug na die lughawe, stasie of bushalte in Durban. Laat ons asseblief weet wanneer en waar ons u kan afhaal.

Ons sien daarna uit om u hier te ontvang.

Met vriendelike groete in Sy Naam

Eerw Erlo Stegen

Tel: (032) 481-5500 Fax: (032) 481-5510

 

flag_rsa.gif (1795 bytes)
             
flag_ru.gif (1491 bytes)
             
flag_nl.gif (1281 bytes)
             
flag_de.gif (1245 bytes)
             
flag_ch.gif (764 bytes)
           
flag_fr.gif (1250 bytes)               
romania_flag.jpg (1925 bytes)              





Last edited on: Sunday October 28, 2001     E-mail us at: mail@ksb.org.za          Return to KSB Home page