|
|
|
|
HERINNERING AAN DIE PREDIKANTEKONFERENSIE
Noudat die tyd van die Predikantekonferensie nader kom, wil ons u aan die datums herinner en u op hoogte bring van verdere verwikkelings betreffende sprekers en onderwerpe wat bespreek sal word. U sal die volledige tentatiewe program op die agterkant van hierdie brief vind. U sal opmerk dat daar tyd opsygesit is vir paneelbesprekings, waartydens u die geleentheid sal kry om vrae te vra en u mening te lug. Om 'n bietjie agtergrond oor die Predikantekonferensies te herhaal: Hierdie konferensies word jaarliks vir predikante en Christelike werkers gehou. Gewoonlik woon ongeveer 'n duisend predikante en Christelike leiers dit by, nie slegs van regoor Suid-Afrika nie, maar ook van baie oorsese lande. 'n Groot groep word hierdie jaar uit Europa verwag. Hierdie Konferensie word D.V. 8 - 11 Maart 1999 gehou, met die eerste diens Maandagaand 8 Maart om 7:30 nm. en die afsluitingsdiens Donderdagoggend 11 Maart. Dit word spesiaal so beplan sodat u oor die naweek by u gemeente kan wees. Die tema van die Konferensie is "Deur die Here goedgekeur", met as temavers 2 Tim 2:15. Sal u asseblief hierdie uitnodiging aan ander predikante en Christelike werkers met wie u kontak het, gee? Ons wil graag dat so veel predikers as moontlik die Konferensie bywoon. U kollegas en enige ander predikers, evangeliste, kerkraadslede of enige iemand in Christelike leiersposisies is baie welkom om te kom. Die ouditorium te KwaSizabantu het meer as genoeg plek vir u en almal anders vir wie u wil uitnooi. U deelname is belangrik en ons sal graag van u wil hoor. Omdat die tyd nou so kort is, sal ons dit waardeer as u per foon of faks met ons in verbinding sal tree (die nommers is bo-aan hierdie bladsy). U kan ook van ons e-posnommer, <<mail@ksb.org.za>>, gebruik maak. Stuur asseblief die name van diegene wat teenwoordig sal wees en spesifiseer egpare, mans en vrouens. Verblyf en etes sal voorsien word, maar ons sal dit waardeer as u u eie beddegoed kan saambring. Ons sal u behulpsaam wees met vervoer vanaf en weer terug na die lughawe, stasie of bushalte in Durban. Laat ons asseblief weet wanneer en waar ons u kan afhaal. Ons sien daarna uit om u hier te sien! Met vriendelike groete in Sy Naam Eerw Erlo Stegen
|
|
Last edited on: Tuesday April 03, 2007 E-mail us at: mail@ksb.org.za Return to KSB Home page |