auditorium.jpg (3889 bytes)ksb_rsa_logo.jpg (8454 bytes)


Audio Sermons

Audio music
Text Sermons
Visitor Info
Outreaches
Choir
Confession
Articles
Links
Education
Ministers
Map
Photos
History
Cassette
Europe
Self-help
Internet
Faqs
HOME

                                    

CV of PROF PIETER POTGIETER

TOPIC: "HANDLING ACCURATELY THE WORD OF TRUTH"

 

Prof Pieter Potgieter:

* Chairman of the General Synodical Committee of the Dutch Reformed Church

 

Pieter Cornelius Potgieter is op 10 Februarie 1940 in Bloemfontein gebore.

Hy ontvang sy skoolopleiding te Stellenbosch. Aan die einde van 1957 matrikuleer hy aan die Paul Roos-Gimnasium, waarvan hy die jaar hoofseun was.

In 1958 skryf hy in as student aan die Universiteit van Stellenbosch, waar hy al sy kwalifikasies cum laude behaal: B.A. (1960), B.A.-Honneurs (Volkekunde) (1962), B.Th. (1964), M.Th. (1965) en die Lisensiaat in Teologie (1965). In 1973 ken die Universiteit van Stellenbosch die graad Doktor in die Teologie aan hom toe.

LOOPBAAN:

In Januarie 1966 word hy georden en bevestig as predikant van die Ned.Geref. gemeente Vredenburg. Hy bedien vervolgens ook die gemeentes Vishoek en Welgemoed. Vanaf 1978 tot 1980 is hy mede-professor in die Departement Dogmatiek en Christelike Etiek aan die Universiteit van Pretoria. In 1980 aanvaar hy 'n benoeming as professor en hoof van die Departement Dogmatologie aan die nuut-gestigte Fakulteit Teologie van die Universiteit van die Oranje-Vrystaat. Van die begin van 1989 is hy dekaan van die Fakulteit.

PUBLIKASIES:

'n Wye verskeidenheid publikasies het van sy hand verskyn, vakwetenskaplik sowel as populêr-wetenskaplik.

NAVORSING:

Hy het oor die jare verskillende navorsingsprojekte onderneem en verskillende buitelandse universiteite besoek.

VERENIGINGS EN KONGRESSE:

Hy is lid van die Dogmatologiese Werkgemeenskap van Suid-Afrika, volle lid van die S.A. Akademie vir Wetenskap en Kuns, lewenslange lid van die FAK, lid van die Vereniging vir Christelike Hoër Onderwys, genoot van die Internasionale Kongres vir Calvynnavorsing, voorsitter van die gereformeerde Ekumeniese Raad se `Committee for Theology, Education and Interchange' en lid van die `International Reformed Theological Institute'. Hy het by versklllende geleenthede referate by kongresse aangebied.

KERKLIKE BETROKKENHEID:

Hy tree gereeld op as prediker en spreker in kerklike verband.

Sedert die sestigerjare het hy ononderbroke gedien op verskillende kommissies van die sinode en as sinodale verteenwoordiger op verskillende liggame.

In 1990 en weer in 1998 word hy verkies as Moderator van die Algemene Sinode en hy is tans Voorsitter van die Algemene Sinodale Kommissie van die Ned.Geref. Kerk en lid van verskeie kommissies van die Algemene Sinode. Dit is die eerste keer dat dieselfde persoon vir 'n tweede keer as moderator van die Algemene Sinode gekies word - hy het dus geskiedenis gemaak!

Hy is tans ook moderator van die Vrystaatse sinode van die Ned.Geref. Kerk.

ALGEMEEN:

Hy is direkteur van die N.G. Kerkuitgewers, Lux Verbi en Waterkant Uitgewers, en ook trustee van die Pieter De Waal Neethling-fonds.

Vroeër was hy landswye voorsitter van die Christenstudentvereniging (CSV) en ook lid van die SAUK-raad.

BELANGSTELLINGS:

Meganika, elektronika, musiek, sport, hengel.

 

flag_rsa.gif (1795 bytes)
             
flag_ru.gif (1491 bytes)
             
flag_nl.gif (1281 bytes)
             
flag_de.gif (1245 bytes)
             
flag_ch.gif (764 bytes)
           
flag_fr.gif (1250 bytes)               
romania_flag.jpg (1925 bytes)              





Last edited on: Tuesday April 03, 2007     E-mail us at: mail@ksb.org.za          Return to KSB Home page