|
|
|
|
KWASIZABANTU
PREDIKANTEKONFERENSIE 6
MAART 2001, 15:00 Ds
Danie Steyn
Die
Outoriteit van die Bybel
Jes
8:20 Terug na die wet en die getuienis van die Here! Wie nie volgens hierdie
woord praat nie, is sonder toekoms! Jes
9:1 Die volk wat in duisternis wandel, het 'n groot lig gesien; die wat woon
in die land van die doodskaduwee, oor hulle het 'n lig geskyn. Is dit moontlik om te leef en te sterf op hierdie aarde sonder die outoriteit van die Bybel? Ja, miljoene hoor, maar gaan verlore in ongeloof. U ongeloof doen niks aan die outoriteit van die Bybel nie, maar dit maak ú kwesbaar. In
Jeremia lees ons hoedat God se Woord soos vuur gemaak is en die ongelowiges soos droë
hout, sodat die vuur die hout kon verteer. En dit is die plig wat God aan elke prediker
van die Evangelie gee. Iets wat swaar op my hart lê is dat diegene wat nie in God se
Woord glo nie, in die ewigheid daarvoor sal moet betaal. Maar ons lees in Jeremia 6:14 van
predikers wat vrede en veiligheid preek, terwyl daar geen vrede is nie. Hulle genees die
verbreking van die volk van God deur net van vrede te preek, alhoewel daar geen vrede is
nie. Hulle pleister met los kalk. Maar
ons moet uitroep soos Jer 22:29 - O Land, land, land, hoor die Woord van die Here! God
se Woord is geïnspireer deur die Heilige Gees. Ons lees in 2 Pet 1:21 hoedat die heiliges
van God deur die Heilige Gees gedrywe was om te spreek soos hulle gespreek het. Paulus sê
ook in 2 Tim 3:16 dat die hele Skrif deur God geïnspireer is. Nou,
wat staan ons te doen volgens die Woord van God? Ek
wil kortliks twee voorbeelde gebruik. 1)
Eerstens
weet ons dat die besnydenis nie meer vir ons bedoel is nie. Rom 2:29 sê dat die ware Jode
nou diegene is wat van hart besny is, nie volgens die letter nie. En in Gal 5:2 maak
Paulus dit duidelik dat Christus van geen waarde meer is as ons ons volgens die letter
laat besny nie. 2)
Tweedens
is daar nie meer aardse priesters nie. In Hebreërs lees ons hoedat die Hoë Priester,
Jesus, Homself een maal geoffer het as 'n Offer vir almal. Maar
ons het 'n baie groot probleem - mense nie
wil aanvaar dat hierdie Woord die gesag van God dra nie. Ek
praat in een konferensie met die kerkraadslede oor die `Vuur uit die hemel wat ons
benodig. Een ouderling staan toe op en sê: Ag kan ons nie maar aangaan soos ons
altyd aangegaan het nie. En
dit is die probleem waarmee ons vandag te make het. F
Stauss het in 1837 gesê: Gebruik die Bybel, maar neem net die bonatuurlike uit die
Bybel uit . Maar dan sal die Bybel net
soos enige ander boek wees - sekulêr, en donkiekos - nikswerd. Die
probleem was reeds daar in Jesus se tyd, met die Saduseërs en die Fariseërs. Hulle wou
nie die geskrewe Woord van God of dié Woord van God - Jesus - aanvaar nie. Die
intellektueles van vandag soek na die waarheid in die lig van vandag se wysheid en lig. Laat
ek dit soos volg illustreer: Daar was eenmaal 'n toneel met 'n Duitse harlekyn. Die hele
verhoog was donker, net 'n lamppaal het lig in een hoek gooi. n Man het naarstiglik
na iets in die lig van die lamppaal gesoek. 'n Polisieman sien hom toe en vra waarna hy
soek. Hy sê toe dat hy na sy sleutels soek. Hulle albei soek toe saam. Na 'n tyd vra die
polisieman hom: Is jy seker jy het hulle hier verloor? . Nee, antwoord
die man, daar in die donker, maar dis te donker daar, so ek soek maar in die lig. Net
so is dit met die ongelowige teoloë, filosowe en wetenskaplikes. Hulle soek na die
waarheid in die bestaande lig van hierdie wêreld. Hulle weet egter nie wat dit beteken om weergebore te wees uit die duisternis tot die
lig nie. Ek was self een aand 50jaar gelede
uit die duisternis geruk tot die wonderbare lig van Christus. My hele lewe is omgekeer en
tot vandag toe kan ek nie stilbly nie. Ons
lees in Mt 13:24-30 van valse Christusse wat onkruid saai waar die goeie saad gesaai is.
Ons vind dit in ons kerktydskrifte en koerante. Filosowe en teoloë wat ongelowig is en
verwarring saai. En die kerk ly daaronder. Voltaire
het in sy tyd gesê dat daar binne 25 jaar geen Christendom of Bybel meer sou wees nie. Hy
het gesterwe, en 40 jaar later is sy eie huis gebruik vir die druk van Bybels en
Christelike literatuur. So sien ons die krag van God aan die werk en kan ons volle
versekering in die outoriteit van God se Woord hê. Maar
dan kom ons nog by die ergste. Die satan werk deur verleiers wat nie net die outoriteit
uit die Bybel haal nie, maar Christus self ook. Hulle maak Hom tot net nog 'n profeet. Dan
is Hy nie meer die Here van die here en God nie. Wat
is die gevolg van al hierdie verwarring en ongeloof in ons tyd? Homoseksualisme word goedgepraat in die kerk.
Predikante is bereid om hulle selfs te trou in die kerk. In stede dat hulle hulle
afskuwelike sonde sien en bely volgens 1 Joh. 1, word dit afgemaak as 'n swakheid - 'n
geboortegebrek. Maar ons moet die sonde haat en ons hand uitsteek na hulle om hulle van
hulle sonde te red tot Christus. Paulus
sê dat die wat nie na God wil luister nie, deur God oorgegee word aan hulle sonde. Hulle
kan dan net doen wat hulle wil, maar die gevolge van hulle sonde sal hulle dra. Ons lees
daarvan in Gen. 19 - hoedat God hulle oorgegee het aan hulle losbandigheid en hulle toe
met vuur en swael vernietig het. En
watter oplossing gee hulle dan aan diegene wat nie met hulle sonde wil breek nie? 1)
Kondome 2)
Goedkoop
pille en medisyne in stede van God se Woord. En
baie predikante is te bang om God se Woord in waarheid te verkondig en die tug toe te pas
soos dit in God se Woord voorgeskrewe is. Ons
lees hoedat Petrus verklaar dat daar net één Naam is waardeur ons gered kan word -
Jesus. En Paulus in 1 Tim 2:5 Daar is net één middelaar tussen God en die
mense - Jesus Christus. Paulus
sê dat enige ander evangelie vervloek is. Kom
ons kyk hoe dit gaan wanneer daar geen wet is nie. Ons lees in 2 Kon. 21 - 23 van die
goddelose koning Manassa wat self sy seun aan afgode geoffer het. Die boek van die wet het
in die tempel verlore geraak! Maar toe die
goeie koning Josia begin regeer het, is die boek van die wet weer in die tempel gevind. En
ons sien die heerlike verandering wat dit te weë gebring het. Indien
die Bybel nie soos dinamiet in ons lewens ontplof nie, is dit nie die Woord van God in ons
lewe nie. Die
Bybel moet deel van ons lewe wees dan kan ons ook al die voorregte daarvan geniet. |
|
Last edited on: Tuesday April 03, 2007 E-mail us at: mail@ksb.org.za Return to KSB Home page |