
Afrikaans:
Dr Burger is in die pragtige Moederstad, Kaapstad, gebore. Hy begin sy
skoolloopbaan in Pretoria, waar hy in 1968 as Dux-leerling aan die Hoërskool
Voortrekkerhoogte matrikuleer.
Hy studeer aan die Universiteit van Pretoria en verkry sy BA-graad in
1971. In 1974 gradueer hy met n BD-graad in Teologie. Hy begin sy loopbaan as
predikant in Balfour, waar hy tot in 1978 bly. Hierna neem hy n jaar studieverlof.
Hy was pastoor van die Gemeente Witbank-Sentraal vir byna 3 jaar en word in 1982 lektor en
Registrateur van die AGS Teologiesekollege in Aucklandpark. Gedurende hierdie tydperk
voltooi hy sy Doktorsgraad in Kerkgeskiedenis aan sy Alma Mater.
Dr Burger het al verskeie leiersposisies beklee, naamlik:
Distriksvoorsitter, Pretoria-Suid Streek
President van die AGS van Suid-Afrika
Lid van die Advieskomitee van die World
Pentecostal Conference
Direkteur van Radiokansel
Medevoorsitter van die National Consultation
of Churches (Rustenburg 2)
Dr Burger was n lid van die Religious Broadcasting
Panel.
Hy is die Voorsitter en Direkteur van Christen Televisie vanaf 1990.
Hy is tans die President van die Verenigde AGS van Suid-Afrika, n
posisie wat hy reeds vanaf April 1996 beklee. Dr Burger is tans ook die Senior
Pastoor van die AGS-gemeente Kempton Park Noord.
Hy kan verskeie Godsdienstige boeke waarvan hy mede-outeur was, asook
n verskeidenheid Christelike tydskrifartikels, agter sy naam skryf. Hy is outeur van
die boek "Die Geskiedenis van die AGS" wat in 1988 verskyn het. Dr Burger
is n kenner van die geskiedenis van die AGS.
Isak Burger en Heletia Peens het in September 1972 in die huwelik
getree. Hulle gesin bestaan uit n seun en twee dogters. Isak is die oudste van die
drie, Elanie die tweede oudste en Vasti is die jongste.
Dr Burger en sy gesin woon tans op n plot in Centurion. Sy liefde
vir die natuur en sy gesonde lewensuitkyk weerspieël in sy vryetydsbesteding. Hy is lief
vir jag en oefen gereeld in die gimnasium.
English:
Dr Burger was born in the beautiful mother city, Cape Town. He started his school
career in Pretoria, and matriculated in 1968 as Dux of Voortrekkerhoogte High School.
He studied at the University of Pretoria and obtained his BA degree in 1971. In 1974 he
graduated with a BD degree in Theology. He started his ministry as minister in Balfour
until 1978, after which he took a year of study leave. He was minister of the
Witbank-central congregation for almost 3 years and in 1982 he became lector and
registrator of the AFM (Apostolic Faith Mission) Theological College in Aucklandpark.
During this period he also completed his Doctors degree in Church History at his Alma
Mater.
Dr Burger has held a number of leadership positions, viz:
- District chairman of Pretoria-South region
- President of the AFM in South Africa
- Advisory member of the 'World Pentecostal Conference'.
- Director of Radio Pulpit
- Co-chairman of the 'National Consultation of Churches (Rustenburg 2)
Dr Burger was a member of the 'Religious Broadcasting Panel'.
He is Chairman and Director of Christian Television since 1990.
He has been President of the United AFM of South Africa since April 1996. He is also
the Senior pastor of the Kempton Park North AFM congregation.
He is co-author of a number of religious books, as well as the author of a number of
different articles in Christian magazines. He is author of the book, "Die Geskiedenis
van die AGS" (The History of the AFM), published in 1988. Dr Burger knows the history
of the AFM well.
Isak Burger and Helentia Peens married in 1972. Their family consists of a son and two
daughters. Isak is the eldest, Elanie second and Vasti the youngest of the three.
Dr Burger and his family currently stay on a farm near Centurion. His love for nature
and his positive outlook on life is mirrored in his hobbies. He loves to hunt and to
exercise regularly in the gymnasium.