auditorium.jpg (3889 bytes)ksb_rsa_logo.jpg (8454 bytes)


Audio Sermons

Audio music
Text Sermons
Visitor Info
Outreaches
Choir
Confession
Articles
Links
Education
Ministers
Map
Photos
History
Cassette
Europe
Self-help
Internet
Faqs
HOME

                                    

CV van Erlo Stegen

ERLO STEGEN VAN KWASIZABANTU SENDING


Erlo Stegen is die leier van KwaSizabantu Sendingstasie in KwaZulu-Natal. Nadat hy in die vroeë vyftigerjare opleiding aan 'n Bybelskool ontvang het, het hy vir 12 jaar lank die Evangelie onder die Zoeloes verkondig. Alhoewel duisende mense op sy uitnodigings om na die Here te kom, gereageer het, het hy 'n punt bereik waar hy diep teleurgesteld was oor die lewens van die bekeerlinge en vertel dat hy dit sterk oorweeg het om die bediening te verlaat omdat sy persoonlike ervaring so ver verwyderd was van die Bybelse standaard en beloftes. Saam met 'n klompie Christene te Maphumulo het hy ernstig vir herlewing gebid en in 1966 het die Here in Sy genade kragtiglik begin werk.

Hulle het verstom gestaan oor hoe die Here onmiddellik begin het om die hardste heidene na Homself toe te trek. Hekse, toordokters, moordenaars en baie ander mense het onder oortuiging van sonde gekom en het dag en nag na die herlewingsentrum gestroom om vrede met God te maak.

In 1970 het hulle 'n plek 20 kilometers verder bekom, met die naam KwaSizabantu wat "die plek waar mense gehelp word" beteken.

Die herlewing wat destyds in 1966 begin het, gaan vandag nog steeds voort en het reeds na baie ander plekke versprei. Daar is ook altyd besoekers van oral oor wat die Sendingstasie besoek, mense vanaf alle kerklike agtergronde wat kom om in die seën van die herlewing te deel.

Erlo Stegen preek dikwels op die Sendingstasie self maar reis ook internasionaal na al die kontinente om op uitnodiging in verskillende kerke, by konferensies ensovoorts op te tree.

As direkteur van die Sending word hy deur 140 voltydse medewerkers sowel as 150 deeltydse vrywilligers bygestaan.

Hy is 65 jaar oud, getroud met Kay en hulle het 6 dogters.

flag_rsa.gif (1795 bytes)
             
flag_ru.gif (1491 bytes)
             
flag_nl.gif (1281 bytes)
             
flag_de.gif (1245 bytes)
             
flag_ch.gif (764 bytes)
           
flag_fr.gif (1250 bytes)               
romania_flag.jpg (1925 bytes)              





Last edited on: Friday June 18, 2004     E-mail us at: mail@ksb.org.za          Return to KSB Home page