auditorium.jpg (3889 bytes)ksb_rsa_logo.jpg (8454 bytes)


Audio Sermons

Audio music
Text Sermons
Visitor Info
Outreaches
Choir
Confession
Articles
Links
Education
Ministers
Map
Photos
History
Cassette
Europe
Self-help
Internet
Faqs
HOME

                                    

Luister in Afrikaans audio.gif (796 bytes)

Getuienis van Johnny

19 Mei 2001

 

By Kwasizabantu het ek geleer om met God te praat, met Hom te wandel en Hom

as God in my lewe te ervaar.

 

Ek kom van Johannesburg van die Midrand area, en was die eienaar van 'n

luukse gesellin-klub. My grootste en enigste doel in die lewe was om soveel

geld, so gou as moontlik te maak.

 

Dit het alles begin, met my wat net so nou en dan gerook het, en die sterre

voorspel gelees het. Ek het gedink al hierdie dinge is maar net klein, en

aan die einde van die dag was dit waar ek beland het. Ek was ook 'n

professionele dobbelaar. Die duiwel het my "geeër" en vir my twee

Dobbelhuise gegee. Daar het ek gratis alkohol aan die mense verskaf, en met

daardie terrein tot my beskikking het ek dwelms en alkohol ook aan

skoolkinders by nagklubs verkoop. Die mense vir wie ek gewerk het in

Johannesburg het baie respek vir my gehad, en ek het baie mag daar gehad.

As jy 'n klomp geld het, gee dit vir jou 'n hart van klip.

 

Deur dit alles was ek ook betrokke met onwettige bendes en gesteelde motors.

Ek het kokaïne aan al "my meisies" verkoop. Ek was ook betrokke in die

ontvoering van kinders en grootmense. Alles vir geld.

 

Met alles wat ek gehad het, het ek geen ware vriende gehad nie. Die waarde

van geld het niks vir my beteken nie. Daar was niemand wat ek liefgehad het

nie, en ek het ook gedink dat niemand my liefhet nie. Die vriende wat ek

gehad het, was net daar om vir my gunsies te doen, en ek het weer vir hulle

gunsies gedoen.

 

Met dit alles in my gedagtes, het ek begin dink, eintlik is my lewe niks

werd nie, en ek wou selfmoord pleeg. Die gedagte het by my opgekom van

Lasarus en die ryk man, dat as ek vandag moet sterf, sal daar geen water in

die hel wees nie. Met dit in gedagte was ek ook bewus van my sondes en dat

ek defnitief oppad hel toe was, as daar een was. Ek het by myself gedink

dat ek nie vir 'n miljoen jaar in die hel sou wou wees sonder water nie. Ek

het dus op my knieë gegaan en die volgende gebid: "God, as U werklik

bestaan, wil ek U vra om waarheid te word in my lewe." Dit was al gebed wat

ek op daardie stadium gebid het.

 

Drie dae later het ek my lewe vir Jesus gegee en die sondaar se gebed gebid.

Drie weke later het ek 20 ware Christene ontmoet, en dit het my die finale

besluit laat neem. Ek kon Jesus in hulle lewens sien, hulle het nie geweet

wie ek is, of wat ek gedoen het nie, maar om Jesus in ander mense se lewens

te kon sien, het die besluit finaal gemaak vir my. Ek wou ook soos hulle

wees, en tot dusver het ek baie ware vriende gemaak, mense wat jy regtig kan

vertrou.

 

Ek weet nou, net deur sigarette te rook, waarvan God my vrygemaak het, ek

kon nie self stop nie, ek moes Hom vra om my te help. Deur te rook, te

dobbel en om die sterre voorspel te lees, het die Satan my tree vir tree

afgetrek. Ek was beslis oppad hel toe, maar deur die genade van God en die

bloed van Jesus, het God my van die hel gered.

 

By Kwasizabantu het ek vir die eerste keer geleer om vrouens te respekteer.

Vir die eerste keer het ek ook geleer om God se stem te hoor, en daarna te

luister. Uit die buitenste duisternis en die terrein van Satan, het Jesus

afgekom en my vrygemaak.

 (Engels)

 

flag_rsa.gif (1795 bytes)
             
flag_ru.gif (1491 bytes)
             
flag_nl.gif (1281 bytes)
             
flag_de.gif (1245 bytes)
             
flag_ch.gif (764 bytes)
           
flag_fr.gif (1250 bytes)               
romania_flag.jpg (1925 bytes)              





Last edited on: Friday June 18, 2004     E-mail us at: mail@ksb.org.za          Return to KSB Home page